Update
GEORGE NUUS - Twee mans, Breyton McCullum (19) en Marshaan Claasen (22), asook 'n 17-jarige seun wat in verband met die moord op Kehanno Noordman (20) in Pacaltsdorp aangekeer is, sal Vrydag 29 Mei vir 'n borgtogaansoek in die hof verskyn.
Die Pacaltsdorp-polisie het 'n moordsaak geopen nadat Noordman op Saterdagaand, 25 April, agter 'n plaaslike hoërskool in Beachweg 'n steekwond opgedoen het.
Hy is na die hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het.
Volgens die Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, ao. Chris Spies, is twee verdagtes kort ná die voorval in hegtenis geneem.
'n Derde persoon is daarna ook in verband met die saak aangekeer.
Die staat beweer dat die drie met 'n gemeenskaplike doel opgetree het om Noordman te vermoor.
Al drie se borgtogaansoeke is geskeduleer om Vrydag aangehoor te word en word as 'n bylae ses-aansoek hanteer.
Winston Jansen verteenwoordig al drie die beskuldigdes.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’